Twiet jou vere los! Kom gesels met die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging: hier's hope jêm vir gladdebekke.

Joined October 2011
5,067 Photos and videos
Op Jeugdag vier die ATKV die jong stemme van ons land. Ons weet vandag se jeugleiers is môre se verskilmakers. Jou toekoms begin met vandag se keuse om in jouself te belê en saam met die ATKV ’n werklike verskil te maak. #Afrikaans #jeug #jeugdag #weesdieverskil
37
Jun 14
Die ATKV, in samewerking met die Hoërskool Noordheuwel, nooi jou uit na die verhoogstuk ‘Molly en Wors’ op Sondag 21 Junie 2026. Klik hier om jou kaartjie te koop: mollyenwors.co.za/ of tmtheatre.co.za/ #Afrikaans #komedie #drama #toneel
52
May 27
Die Andante Plus50-talentkompetisie bied ’n unieke platform vir senior burgers om hul kreatiwiteit en talent te vier. Van sang en instrumentaal tot storievertelling, drama en kuns. Inskrywings is oop en sluit op 1 Augustus 2026. Lees hier meer: atkv.org.za/nuus/posts/vier-… #Afrikaans
38
May 14
Die ATKV wens elkeen ’n geseënde Hemelvaart toe. Mag hierdie dag vir jou vrede, hoop en seën bring. #Afrikaans
2
57
May 12
Die ATKV-AbbAsorg het ’n skenking van R100 000 van Die Kinderfonds ontvang – ’n bydrae wat ’n tasbare verskil gaan maak in die lewens van talle kleuters. Lees hier meer: atkv.org.za/nuus/posts/hupst… #Afrikaans #AbbAsorg #kinderfonds #skenking
1
51
May 5
Die ATKV-Applous-streeksfeeste vind binnekort plaas! Kore uit KwaZulu-Natal gaan die gehoor verras met betowerende optredes, uiteenlopende repertoires en ’n dieper waardering vir die kuns van koorsang. atkv.org.za/nuus/posts/atkv-… #Afrikaans #koor #musiek
66
May 5
Die ATKV-MSW is op soek na ’n projekorganiseerder: jeugprojekte. Klik hier vir meer inligting: atkv.org.za/werk-vir-die-atk… #Afrikaans #betrekking #ATKV
45
Apr 14
Die ATKV se nuusbrief vir APRIL is nou beskikbaar vir jou leesgenot. Moenie wonder nie, weet! indd.adobe.com/view/96685acf… Lees nou: atkv.org.za/ons-storie/nuusg… #Afrikaans #nuusgenoot #nuusbrief #nuus #ATKV
1
1
72
Apr 13
In sy boek, ‘KoesterKos’, neem Frik du Preez lesers terug na die handgeskrewe resepteboeke van sy ouma Lenie en ma Hermana – ’n skatkis van meer as 75 jaar se Suid-Afrikaanse kostradisies. atkv.org.za/nuus/posts/frik-… #Afrikaans #kook #boek #skrywer #koesterkos
192
Apr 9
Die ATKV en die skeppers van die ‘Tippie’-leesreeks het kragte saamgesnoer om ses skole in Wellington met grondslagfasemateriaal te bemagtig. Hierdie vennootskap vorm deel van die ATKV se EkKanLees-projek. atkv.org.za/nuus/posts/tippi… #Afrikaans
1
66
Apr 8
ATKV-Applous, SA se voorste skoolkoorkompetisie, skop vanjaar se streeksfeeste af met ’n rekordgetal van 314 inskrywings. Gedurende Mei besoek die ATKV-Applous-span 19 bestemmings in SA en Namibië om die land se beste skoolkore te identifiseer. atkv.org.za/nuus/posts/atkv-… #Afrikaans
74
Apr 7
Die bobaasspellers is hier! Die wenners van die ATKV se digitale spelkompetisie, ATKV-DigiSpel, is bekend. Baie geluk aan elke deelnemer! Lees hier meer: atkv.org.za/nuus/posts/atkv-… #Afrikaans #DigiSpel #spelling
50
Apr 3
Die RSG/ATKV-Kuierkol by die KKNK is die ideale plek om jou feesvoos voete te rus. Kom geniet ’n optrede, luister na ’n gesprek wat jou laat nadink, of gesels sommer saam. Hier word kultuur nie net beleef nie – dit word geleef. #Afrikaans #kknk #ATKV
114
Apr 3
Die ATKV wens jou en jou geliefdes ’n geseënde Paasfees toe. #Afrikaans #Paasfees
64
Apr 2
By die RSG/ATKV-Kuierkol in Baron van Reedestraat by die KKNK wag daar elke dag nuwe verrassings. Van opwindende optredes tot interessante gesprekke – hier ontmoet mense mekaar, deel stories en vier die unieke gees van die KKNK se 30ste bestaansjaar.
61
Apr 1
Kom maak ’n draai by die RSG/ATKV-Kuierkol en ervaar self waarom hierdie samewerking ’n hoogtepunt op die feeskalender is. Die ATKV en RSG kan nie wag om jou te verwelkom nie en om saam met die KKNK se 30ste bestaansjaar die kreatiwiteit van ons gemeenskappe te vier. #Afrikaans
1
50
Mar 31
Die RSG/ATKV-Kuierkol is ’n weerspieëling van wat die KKNK oor 30 jaar heen so besonders gemaak het: samehorigheid, kreatiwiteit en ’n diep verbintenis tot kultuur. Dit is ’n uitnodiging aan elke feesganger om voluit te fees, te luister, te lag en saam te droom. #Afrikaans
66
Mar 30
Benewens die Kuierkol kan feesgangers ook ’n draai maak by die ATKV-Boeke-oase – ’n rustige toevlugsoord waar die liefde vir lees en skryf sentraal staan. Skrywers en lesers kom bymekaar, idees word uitgeruil en die krag van die geskrewe woord word opnuut bevestig. #Afrikaans
1
62
Mar 29
Die RSG/ATKV-Kuierkol bied daagliks iets vir die jongspan. Kom lees saam met Bazoo, die vriendelike bergskilpad, en kom luister na Oom Karoolus en Lente se stories en liedjies. #Afrikaans #kknk #ATKV
69
Mar 28
Kom vier die krag van die geskrewe woord by die ATKV-Boeke-oase. kknk2026.kknk.co.za/en/produ… #Afrikaans #kknk #ATKV #boeke #skrywers
40