Joined February 2010
7,490 Photos and videos
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kXV Dan Kriel, tweelingbroer van die Springbok Jesse, kwalifiseer in 2027 om vir die VSA toetsrugby te speel en sê hy sal graag dié land wil verteenwoordig.
52
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kWx Al is hulle Vrydagaand op Croke Park aartsvyande in die VRK-eindstryd, het Johan Ackermann in die bres getree vir Jacques Nienaber, wat onder Ierse gifpenne deurloop.
96
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kV2 ANC-strydrosse soos eerw. Frank Chikane en David Makhura word glo bearbei om hul name in die hoed te gooi om dié party se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg te word.
106
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kTb Met skeepsverkeer om die Kaapse kuslyn wat in die laaste twee jaar vervierdubbel het, is daar ’n baie groter risiko vir walvisse in Suid-Afrikaanse waters.
87
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kSb ’n Regter het gesê dit was ’n weldeurdagte, goed uitgevoerde en gesofistikeerde plan nadat drie mense skuldig bevind is aan die moord op twee Britse botaniste in Suid‑Afrika.
1
103
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kQA ’n Vrou wat op staatspensioen in ’n sorgsentrum in Durban oorleef, dagvaar haar broer, ’n gesiene professor, oor hul oorlede ouers se boedels.
154
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kOP Die Atlantis-gemeenskap het hulle veroordeel, die internet haat hulle - die familie van die 30-jarige vrou wat aangekla word omdat sy versuim het om die verkragting van haar 11-jarige dogter aan te meld, praat vir die eerste keer.
147
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kNq Drie kabinetslede en Panyaza Lesufi, Gautengse premier, het Donderdagaand die openingswedstryd van die Sokkerwêreldbeker tussen Mexiko en Suid-Afrika in Mexikostad bygewoon.
1
1
235
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kM8 'n Johannesburgse man het verlede Saterdag na 'n padblokkade buite Diepsloot gery om 'n vriend wat vir omkoopgeld gevra is te help - en toe 'n Facebook-video gemaak van hoe hy die geld terugvat.
1
1
262
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kKu Sunwest International, die maatskappy wat GrandWest Casino bedryf, beweer ’n dobbelmasjien het tussen 26 en 29 Januarie 2023 onklaar geraak. Vier lede van die casino se Most Valued Guest-lojaliteitsprogram het glo die fout ontdek.
192
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kIO Van agtjarige meisies met agt-stap-velsorgroetines tot tieners wat chia-saad as “botox” gebruik – die “Get Ready With Me”-tendens op TikTok dryf jong meisies na ’n obsessie met ’n foutlose vel. Dermatoloë en navorsers lui die noodklok.
159
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kHg Nadat die voorlopige sekwestrasiebevel teen Brendan Peyper onlangs opgehef is, dagvaar Eduard Hugo van SA Concerts hom nou siviel vir die meer as R300 000 wat die sanger hom glo skuld.
191
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kGA Jayde Samaai se dogter word al sedert 2023 tuis onderrig omdat sy afgekeur is by ál 12 skole waar sy aansoek gedoen het. Nou is haar vyfjarige seun se gr. R-aansoek ook afgekeur.
1
151
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kFn Steven Majiedt is die enigste Afrikaanse regter in die Konstitusionele Hof. Hy vertel vir Hanlie Retief van sy liefde vir Afrikaans en die dag toe hy Julius Malema op sy plek gesit het.
302
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kCn Losskakel is die een posisie waaroor Rassie Erasmus in die afwesigheid van Handré Pollard en Sacha Feinberg-Mngomezulu die meeste kopkrap voor Saterdag se feeswedstryd teen die Barbarians in Gqeberha.
206
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kBL ’n Leeuwelpie wat in ’n reservaat in Hoedspruit weggedwaal het van haar ma en oorgelaat is aan die sorg van drie leeumannetjies, is dae later gered deur twee Suid-Afrikaanse filmmakers.
525
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kB0 Toe Willem Botha vir Vasti Spiller, Dricus du Plessis se verloofde, vra om ’n romantiese rol in sy nuwe musiekvideo te speel, het hy óók gesê: ‘Hoor asseblief net eers by Dricus.’
1
324
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kzk Springbok-ondersteuners hoef nie te wonder waar Tony Brown se lojaliteit vir die volgende twee jaar lê nie.
1
258
🔗LEES MEER: brnw.ch/21x3kyE Die geliefde kunstenaar Portchie (62) is oorlede. Sy peetseun vertel van die spesiale band wat hulle gehad het.
2
242
🔗KYK DIE VOLLEDIGE VIDEO HIER: brnw.ch/21x3ky8 Dié olifant het vir benoude boude gesorg toe sy ondersoek van die bakkie en sy passasiers ingestel het.
2
1
542