Die uitgelekte e-pos uit die kantoor van die minister van landbou is ’n ernstige klap in die gesig van elke boer wat tans onder die bek-en-klouseer-krisis gebuk gaan. Terwyl boere daagliks met siek diere, bewegingsbeperkings, finansiële verliese en groot onsekerheid worstel, word ’n versoek vir dringende betrokkenheid by die land se inentingstrategie binne die minister se kantoor afgemaak as iets vir “amusement”.