Actually, weet jy wat? Fok díe kak.
Ek wou nie betrokke raak nie want die ouens wat ACTUALLY in Oekraïene veg het hom góéd oor die kole gehaal.
Maar geweld teen vrouens? Dán het jy my moer goed gekoer.
Fokkit. In November laas jaar het ons ‘n landswye betoging teen GBV gehad. Ek, familie-lede, vriendinne en vriendinne se ma’s was al slagoffers van domestic violence. So as ‘n man net daaraan dínk om sy hand vir ‘n vrou of kind lig, raak ek hoogs bedonnerd.
As jy met die soldate praat wat van ander lande af gekom het om in Oekraïene te veg, sê hulle almal hulle het gekom om vrouens en kinders te beskerm.
Maar dan het jy hierdie fokken naai (verskoon my taal) wat nie net sy eie vrou geslaan het en haar gedreig het met ‘n geweer nie, maar ook probeer het om vrouens in Oekraïene te slaan? Nee, fokof.
En aan elke liewe enabler van hierdie ou — of jy hom verdedig en sê “ja maar as jy ‘n man was sou ek jou geslaan het en jy sou dit verdien het” (ja, ek praat van jou,
@JohnnyFDK), en of jy hom op jou spaces het en hom verdedig wanneer mense jou try inlig van wat hy doen (
@secretsqrl123,
@PFIUKRAINE en
@FellaShaggy) — julle is nét so skuldig soos
@evo1tactical.
Mans moet mans accountable hou. Shout out aan
@EiWasDann wat actually vir Brad uitgecall het op
@Beichz se space toe hy
@CynlandNS ‘n “feminist bitch” genoem het (natuurlik het Brad hom mos toe ‘n “beta male bitch” genoem, want NATUURLIK is hy mos deel van die manosphere ook).
Julle kan stry oor sy bydrae aan AFU, daar gaan ek nie betrokke raak nie (soos ek sê, die soldate doen ‘n goeie genoeg joppie daarvan). Maar GEEN bydrae is genoeg om geweld teen kwesbare mense te verdedig nie.
En voor enige iemand my dreig en sê hulle gaan nie meer geld skenk aan
@KonstantinTeam nie… onthou baíe mooi wie vir 3 jaar ons direkteur was.
@Pete_Hasta het talle kere vir vrouens opgestaan in persoon nadat party mans gesê het hulle moet geslaan word en hul plek gewys word omdat hulle dit dúrf waag het om ‘n ander opinie as ‘n man te hê. Dink baie mooi oor of jou woede oor my post dieselfde sou wees as Pete dit gepost het.
Wat ek sê is 100% consistent met wat ons organisasie nog altyd voor gestaan het.
En as hierdie post jou kwater maak as geweld teen vrouens, moet jy rêrig jou kop laat lees.